About

Hangklip-Atletiekklub is geaffilieer by Boland Atletiek en bedien die gebied wat as Hangklip-Kleinmond bekend staan. Die grootste dorp in hierdie gebied is Kleinmond, waar ‘n klubhuis met die Kleinmond-duiweklub gedeel word. Tydtoetse word op Woensdae om 17:30 vanaf die klubhuis gedoen. Die ander dorpe in die gebied is Bettysbaai, waar daar op Maandae om 17:30 ‘n tydtoets plaasvind, Pringlebaai, wat die oorspronklike tuiste van die klub was, en Rooiels.

Die klub bied die volgende wedlope aan:

  • Kleinmond Halfmarathon en Perdekop 10km in Maart;
  • Kogelberg-halfmarathon en 10km in September;
  • Hangklip-halfmarathon en Stony Point 10 km in Desember;
  • Die Big Blue Somerreeks van 10km-wedlope in Desember en Januarie

Die klub het ook ‘n jeugontwikkelingsprogram en bevorder landloop onder skoolgaande jeug.

Die klub streef daarna om ‘n volwaardige atletiekbaan op Kleinmond te ontwikkel sodat baan-en-veldbyeenkomste gehou kan word en atletiek onder talentvolle jong pasafgestudeerdes bevorder kan word.

Daar word gereeld sosiale geleenthede gehou, met die hoogtepunt die algemene jaarvergadering en prysuitdelingsfunksie wat gewoonlik in April plaasvind.

Belangstellendes kan met Fanie Krige, voorsitter, by 0827737749 in verbinding tree om meer besonderhede te bekom. Of stuur ‘n e-pos na admin@hangklipathletics.co.za.

2 Responses to About

  1. stephanie says:

    Ek wil net weet waar is die uitslae vir die Tru-Cape 21km

  2. Mike Burger says:

    Who can we contact to join the club?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

You may use these HTML tags and attributes: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>